Nuusflits Botswana Sending Groep
7 Junie 2020
Ds Hendrik Du Plessis en Br Tiddo Voogt.
Gereformeerde Kerk Dekar
Dis Sondag 7 Junie om 11h00 ,en ʼn paar lidmate maak die kerk skoon en kry alles reg om weer byeenkomste te hou. Met die 1.5m afstande wat gehou moet word ,het hulle tekens op die vloer geplak, die banke bietjie uitmekaar geskuif, die register ingevul vir die lidmate wat die diens gaan bywoon en natuurlik ʼn temperatuur meter aangeskaf.
Soos ʼn mens op die fotos kan sien,is die protokol wat hulle volg in Botswana ,maar dieselfde as wat hier in Suid Afrika ook van toepassing is.






Ons is saam met hulle bly en dankbaar dat dinge stadig maar seker weer terugkeer na normaal. Aan God die eer.