deur die Gereformeerde Kerk D”Kar Botswana
Ds Hendrik Du Plessis en kerkraad
Eerstens wil ons graag ons innige dank uitspreek aan onse God en hemelse Vader,en vir almal wat bygedra het om ons lidmate in Dekar te help. Die mooi bedrag van R32,000 het dit moontlik gemaak om 100 kospakkies op te maak
Oorsaak
Soos U weet het Botswana ook gebuk gegaan onder vlak 5 grendel tydperk,en kon baie van ons lidmate nie gaan werk nie,en alhoewel ʼn paar nog steeds hul salarisse verdien het ,het die meeste mense wat in alle geval slegs stukwerk doen (piece jobs) geen inkomste verdien nie.Wildsplase kon ook nie jagters laat jag nie,en die grense vir toeriste is tot vandag nog gesluit.Dit het o.a meegebring dat padstalletjies en werk in lodges opgedroog het.
Die situasie is nou al ʼn bietjie beter maar net soos in Suid Afrika is vlak 3 ook in Botswana nog steeds van krag.
Aankoop van kos
Ghanzi is die naaste dorp aan Dekar (45km) en ons het die produkte teen die laagste prys aangekoop. Die groothandelaar het toe aangebied om dit met sy trok ,gratis in Dekar af te lewer.

Stoor en verspreiding
Die stoorkamer by die kerk is skoongemaak,en ʼn nuwe slot is in die deur gesit.Die kerkraad het ʼn behoorlike lys opgestel van slegs lidmate van die gemeente wat kwalifiseer om hulp te ontvang .



Met die lidmatelys in hande , en my bakkie , is die kospakkies netjies verdeel en by die 100 huise persoonlik afgelewer. So het elke ouderling ook saamgery om dit by sy eie lidmate in sy wyk te besorg.

ʼn Paar fotos met gelukkige kinderlaggies.









Ten slotte
Nogmaals baie , baie dankie aan almal wat hierdie uitreik moontlik gemaak het. Bly in die Here glo en vertrou op Hom. . (Luk 12: 28…As God die gras van die veld wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word,so mooi maak,hoeveel te meer sal hy julle nie versorg nie……)
U broeder in Christus
Hendrik du Plessis.